Kanadese Ruimteagentskap

Die Kanadese Ruimteagentskap (CSA; Frans: Agence spatiale canadienne, ASC) is die nasionale ruimteagentskap van Kanada. Dit is in 1990 gestig en doen verantwoording aan die minister van innovasie, wetenskap en ekonomiese ontwikkeling.

Die president van die CSA is Lisa Campbell, wat op 3 September 2020 in die pos aangestel is.[1] Die hoofkwartier is in Quebec, en die agentskap het ook kantore in Ontario, Houston, Washington, D.C. en Parys.[2]

  1. "Lisa Campbell becomes the first woman to head the Canadian Space Agency".
  2. "Canadian Space Agency 2015–16 Report on Plans and Priorities". 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2016. Besoek op 25 Mei 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search